Demokrate begin afsettingsproses teen Trump

Lede van die Demokratiese Party in Amerika het ’n proses vir die afsetting van Donald Trump as president begin.

So ’n afsettingsproses is ’n lang en duur proses met ’n baie klein moontlikheid dat dit suksesvol deurgevoer kan word.

Die moontlikheid dat die Demokrate kan slaag om president Trump afgesit te kry word verder verskraal met die aansienlike meerderheid waaroor die Republikeine beskik in die Amerikaanse Kongres, die Huis van Afgevaardigdes sowel as in die Senaat.

Die president word beskuldig daarvan dat hy obstruksie pleeg van die juridiese stelsel en hy ondermyn die onafhanklikheid van die Federale Justisie.

Die Demokraat, Steve Cohen van die deelstaat Tennessee, reken die tyd het aangebreek dat die volk en die president daarvan bewus gemaak moet word dat die president die land se Grondwet beledig.

Vroeër het ’n ander parlementslid van die Demokratiese Party gesê dit is tyd dat ’n proses van afsetting begin word teen die president, maar dié poging het ’n vroeë dood gesterf.

Foto – President Trump