De Lille in die sop

Craig Kesson, die uitvoerende direkteur in die DA-burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille se kantoor, het skokkende bewerings teen De Lille gemaak in ‘n beëdigde verklaring.

Hy beskryf haar bestuurstyl as dié van ‘n boelie wat lede viktimiseer.  De Lille moet teen Vrydag op die bewerings antwoord.

Volgens Kesson het De Lille gepoog om ‘n forensiese ondersoek rondom die MyCiti busdiens se tenders onder die mat te vee of soos hy stel  “the issue must go away”.

De Lille raadpleeg nou haar regsverteenwoordiger oor die bewerings.

Foto: Patricia de Lille