Da Vinci skildery behaal rekord prys

Die wêreldbekende skildery, Salvator Mundi, van die beroemde Leonardo De Vinci, is die afgelope week teen die rekord bedrag van $400 miljoen verkoop.

Die veiling wat in New York aangebied is deur Christie afslaers, het wye belangstelling gewek, en die skildery het die hoogste prys behaal wat nog ooit betaal is vir ’n kunswerk.

Saam met die kommissies wat betaal moet word, beloop die finale bedrag op meer as $450 miljoen, het ’n woordvoerder van Christie gesê.

Tot nou toe was die rekord prys vir ’n skildery net minder as $180 miljoen wat vir ’n kunswerk van Picasso betaal is in 2015.