Britte se lewensstandaard daal

Die gemiddelde lewensstandaard in die Verenigde Koninkryk sal glo nog tot en met 2020 bly daal tot Brexit gefinaliseer is en ’n nuwe dimensie opgewek word deur ’n sterk poging om produktiwiteit te verhoog.

Die agteruitgang in die lewensstandaard is die ergste wat ondervind word sedert 1950, en sal eers ’n draaipunt bereik oor twee tot drie jaar.

Die toestand het bekend geword na ’n ondersoek wat die ekonomiese groeivooruitsigte op die basis van die huidige syfers van die owerheid.

Die Britse regering het pas die groei vooruitsigte tot 2021 verminder as gevolg van Brexit se moontlike uitwerking op die ekonomie.

Die regering het die groeimoontlikhede op 1,4% gestel vir die volgende vyf jaar, wat volgens kenners neerkom op ’n verdere daling in die lewensstandaard van die gemiddelde burger.

Die laer groei beteken ook ’n daling in die inkomste van die arbeidsmag, wat deurwerk as ’n daling in die lewensstandaard.

Waarskuwende woorde word reeds gerig tot die werkersklas om nie te veel te verwag in die volgende twee jaar nie, en waarnemers sê dit laat kommer ontstaan oor die moontlikheid van meer en groter stakings wat mag kom.

Foto – Premier Theresa May