Britse minister bedank weens teistering

Die Britse minister van verdediging, Michael Fallon, het sy bedanking ingedien nadat hy blykbaar erken het dat sy woordkeuse in die verlede ernstige “tekorte” gehad het.

’n Bekende joernalis in Brittanje het hom blykbaar ernstig oor die kole gehaal nadat hy sy hand op ’n dame se knie gesit het.

Die radio omroeper, Julia Hartley-Brewer, het egter gesê die optrede van die minister om sy hand op haar knie te sit, was ’n “onskuldige en amusante” voorval wat haar hoegenaamd nie ontstel het nie.

Sy het die saak nooit ernstig opgeneem nie, en het dit as afgehandel beskou, maar nou maak die media daarvan ’n bohaai.

Toe die minister egter tydens ’n geselligheid van die Konserwatiewe Party, weer sy hand op haar knie gesit het, het sy hom rustig gewaarsku om dit nie weer te doen nie, want dan sal sy hom in sy gesig klap.

Onbevestigde berigte dui daarop dat nog ’n aantal parlementslede van soortgelyke gedrag beskuldig word wat tot ’n reeks bedankings kan lei.

Foto – Michael Fallon