Brian Molefe na SAW

Soos sekere mediaberigte dit stel, het Brian Molefe bevordering gekry van Gupta luitenant na kolonel in die SA Weermag.

Hy verdien tans “‘n skamele” R57 000 per maand, wat sleg afsteek teen wat hy in Eskom “verdien” het toe hy nog die omstrede grootbaas daar was.

Molefe is aangestel as deel van ‘n groep ”spesialiste” wat die weermag moet  help met ouditeursnavrae.

Kenners bevraagteken egter Molefe se aanstelling weens die feit dat hy geen ondervinding het van militêre finansies of ouditeursprosedures nie.

Sy skaduagtige verlede by Eskom maak sy aanstelling nog meer verdag.

Hy word dus steeds deur die belastingbetalers betaal.

Foto: “Kolonel” Brian Molefe