Brexit stol, EU waarsku May

Terwyl die Britse eerste minister se aansien daal onder haar partygenote in die parlement, word die druk al groter nadat die EU ’n ernstige waarskuwing geuiter het.

Gesaghebbendes in Brittanje sê die Europese Unie (EU) het nog steeds nie gereageer op die ooreenkoms wat die Verenigde Koninkryk sal begunstig met ’n rabat betaling as deel van die eerste afbetaling wanneer die EU verlaat is in Maart 2019 nie.

Die Britte se rabat wat die Europese Unie op €60 miljard stel, is ’n metode om die bydrae van die Verenigde Koninkryk te verminder.

Die ooreenkoms is reeds in 1984 deur die EU aangegaan met eerste minister Magaret Thatcher van Brittanje.

’n Britse woordvoerder beweer dat die aangeleentheid oor rabat wat die EU moet betaal in 2018, is nog nie gefinaliseer of opgelos nie.

Vrydag het die EU in Swede gesê die plan is om die druk te verhoog op Theresa May om haar aanbod van €20 miljard te verbeter.

Die Europese Raad se president, Donald Tusk, het gewaarsku dat veel meer vordering nodig is om die rekening te vereffen, en daarom moet die ooreenkoms aan die begin van Desember gefinaliseer word.

Intussen bly die gesprek tussen die twee partye stram, en word doelgerigte dialoog nie gebruik om die stilte te verbreek en ooreenkomste te finaliseer nie.

Foto – Theresa May en Donald Tusk