Brandweerwa kontrakte gekanselleer

Die stad Johannesburg het ‘n R161 miljoen kontrak gekanselleer wat brandweerwaens aan die stad sou voorsien.

Die kontrak is toegeken maar daar is van vervalste dokumentasie gebruik gemaak tydens die tenderprosedure.

Die kontrakteur wat die 29 waens sou voorsien is tans onder sakeredding geplaas wat in effek beteken dat hul bankrot is.

Nuwe tenders sal nou aangevra word maar die stad se nooddienste is deur die kansellasie in die moeilikheid aangesien van die huidige brandweerwaens verouderd is en bykans nie meer diensbaar is nie.