Bokwiet / Fagopyrum esculentum)

Bokwiet is ‘n plant uit die duisendknoop familie wat genoem word Polygonaceae. Die genus is Fagopyrum en die spesie is F. Esculentum. Die rang is Cayophllales. Dit is dalk nie so ‘n bekende plant nie, maar sommige van ons weet dat ons bokwiet saad in voedsel kan gebruik  Vir Pole en Frankryk is dit ‘n belangrike voedselgewas.

Bokwiet is ‘n eenjarige plant met ‘n hol vertakte rooi stingel wat regop groei. Die blare is driehoekig tot hartvormig en is verspreid op die knope van die takke. Die blare is redelik groot. Die plant het ‘n sterk vertakte penwortel.

Hierdie plant begin blom in ‘n jong stadium, soms na ses weke. Die plante blom omtrent vir een maand lank. Die blomme is in langstelige trossies gegroepeer. Die kleur van die blomme is wit tot pienk en bevat baie nektar. Bokwiet bereik in arm grond sowat 50 cm in hoogte.  Voordat die blomtyd ten einde loop is daar al ryp saad teenwoordig.

Die saad is eetbaar en dit sit aan dun steeltjies wat maklik loskom wanneer dit ryp is. Dit het ‘n meel- en eiwitryke inhoud en dis in ooreenstemming met klawer. Daar was vroeër twee rasse bekend, naamlik op die veengrond van Staphorster ‘n bruinswart ras en op sandgronde die Brabantse grys bokwiet. Die huidige rasse produseer minder nektar as die ou rasse. Tydens bewaring moet die saad droog word want dit muf maklik. ‘n Kilogram saad bevat omtrent 45,000 sade.

Bokwietmeel bevat  baie magnesium, kalium en fosfor. Dit is baie lig verteerbaar en baie voedsaam. Dit word ook deesdae gekweek vir die geneeskunde. Bokwiet lyk na ‘n graanproduk, maar dit is nie. Die meel daarvan kan goed gemeng word met ander graan, byvoorbeeld as basis vir pannekoek en ook vir koekbak. Geroosterde bokwietkorrels staan bekend as “kasja” in die Oos Europese kookkuns. Dit is sommer goed vir die gesondheid en spysverteringstelsel.

Tuiniers geniet u tuin tot volgende keer.