Bitcoin waarde styg tot rekordvlak

Die virtuele betaalmiddel, Bitcoin, het pas ’n nuwe rekordvlak bereik toe dit deur die R80 000 waardevlak gebreek het.

Te midde van die feit dat die vreemde Internet betaalmiddel binne een jaar met sowat 500% gestyg het tot sy huidige vlak, bly baie beleggers skepties oor die eenheid as beleggingsveld.

Slegs tien dae nadat die Bitcoin se waarde verby die R72 000 merk geklim het, styg dit met ’n verdere R10 000 tot die rekordvlak van R82 000 per eenheid.

Die digitale eenheid het miljoene mense aan die wonder oor wat die uiteindelike gevolge van die nuwe betaalmiddel sal wees en of dit werklik die wêreld se toekomstige betaalmiddel sal word.

Die finansiële wêreld, wat tot hede weier om aan die nuwigheid te raak, het egter die afgelope week met besorgdheid kennis geneem van wat kan gebeur as die eenheid skielik in duie stort, maar verskeie kundiges reken dit gaan nie maklik gebeur nie.

Die eenheid het onlangs ’n duik gevat en drasties gedaal toe Sjina beveel het dat verhandeling in die eenheid verbode is in die land, en duisend Sjinese ontslae moes raak van hulle aankope.

Die enorme styging in waarde het daartoe gelei dat meer as 80 soortgelyke betaalstelsels tot stand gekom het, waarvan een selfs ’n Goudmunt genoem word.

Sekere finansiële meningsvormers se die eenheid sê waarde sal in 2020 op sowat R325 000 te staan kom.