Amazon styg tot nuwe rekord

Jeff Bezos, die stigter en hoofuitvoerende beampte van Amazon, het na Swart Vrydag sy totale bates verhoog tot ’n nuwe rekordvlak van meer as $100 miljard.

Gedurende die afgelope jaar het dié instelling se waardes met $32,6 miljard toegeneem en word daarmee ’n lid van die wêreld se rykstes wat ook genoem word die lede van die “Klub-100”.

Bill Gates het die status reeds in 1999 behaal as lid van die “Klub 100”, waarvan die totale aantal rykes maar redelik beperk is.

Die grootbaas van Amazon is egter die eerste persoon wat lid geword het van die “Klub-100” sedert Bill Gates die prestasie behaal het in 1999.

Die geweldige omset wat Swart Vrydag vir Amazon gebring het, het bygedra tot ’n styging van 2% in die waarde van aandele op die beurs,

Die gegewens is vrygestel deur Bloomberg wat gereeld verslag lewer oor die 500 rykste mense van die wêreld.

Foto – Jeff Bezos