Alle genomineerdes is “vrot”

Volgens oud-ANC LP, Makhosi Khoza, kan die ANC nie sy pad verander tydens en na die Desember verkiesingskonferensie nie aangesien al die genomineerdes deel is van die verrottingsproses.

In ‘n toespraak sê sy dat die ANC deur korrupsie gekaap is en dat die siel van die ANC verlore is.

Sy beweer ook dat die ANC rasseklassifikasie gebruik om die land te verdeel.

Khoza het ook aangekondig dat sy genader is deur voormalige lede van verskeie politieke partye om ‘n nuwe beweging te lei wat “die vermoë het om die land vorentoe te neem”.

Foto: Makhosi Khoza