Afrika vat wat ons gebou het

In die Duitse stad Leipzig het ’n professor vir ’n opskudding gesorg toe hy “neerhalend” na die mense van Afrika verwys het met ’n uitlating voor studente.

Uitlanders wat die opmerking gehoor het, het woedend gereageer omdat hy sou gesê het dat alles wat “ons opgebou het, deur Afrika van ons weggeneem is”.

Die universiteit in die Saksiese deelstaat oorweeg nou dissiplinêre stappe teen die geleerde nadat studente van Afrika afkoms beswaar aangeteken het.

Thomas Rauscher is ’n professor in regte verbonde aan die Universiteit van Leipzig, en was blykbaar al verskeie kere in die warmwater oor sy sienings van Afrika se mense.

Hy maak glo gereeld kontak in die sosiale media met nasionalistiese bewegings in die land, en het die afgelope naweek weer kontak gemaak en dieselfde uitlating aan die regse beweging se lesers gemaak.

Hy het ook gesê die Duitsers skuld die mense van Afrika niks, en ook nie die Asiate nie, waarna ’n klag by die universiteit owerheid gelê is oor beweerde rassisme.

Prof. Rauscher sê die universiteit het tot nou toe sulke opmerkings beskou as ’n reg van vryheid van spraak, en is verbaas dat optrede teen hom nou beplan word.

Foto – Prof. Thomas Rauscher