Afrika sit met duisende immigrante

Rwanda wil derduisende Afrika immigrante opvang wat glo gestrand is in Libië en klaarblyklik geen ander heenkome het nie.

Die Afrikastaat wat self groot ekonomiese probleme ondervind, het die besluit geneem nadat skokkende beeldmateriaal vrygestel is van hoe die immigrante as slawe opgeveil word by ’n sogenaamde slawemark.

Onbevestigde berigte lui dat videomateriaal beskikbaar is waar die immigrante in Libië opgehemel word as uitstekende werkers en te koop aangebied word teen $400 per slaaf en word die mans aangeprys as sterk mense wat harde werk kan doen.

Wêreldwyd het politici en individue met afgryse gereageer op die beeldmateriaal en  ’n beroep op owerhede gedoen om die wreedheid te stop.

Rwanda het die Afrika Unie genader oor die meer as dertigduisend immigrante om oplossings t vind vir die probleem, maar deskundiges is nie oortuig dat die Afrika Unie oor die infrastruktuur en gesag beskik om die saak te hanteer nie.