Aflegging by Siemens raak duisende werkers

Vakbonde het hewige reaksie getoon by aanhoor dat die vervaardigingsreus Siemens sowat 7 000 poste wil afskaf wat beteken die huidige posbekleërs gaan afgelê word.

Siemens het glo aangekondig dat die maatreël noodsaaklik is omdat drastiese koste besparings noodsaaklik geword het in die energie bedryf.

Siemens wat ’n hoë tegnologie bedryf het, wat wissel van klein gehoorapparate vir gebruik by dowe mense tot reuse elektriese treine wat vervaardig word, se aankondiging het ’n skokgolf deur die wêreld gestuur.

Siemens sê in ’n verklaring dat sowat 50% van die poste wat afgeskaf word, sal werkers in Duitsland raak, en die ander sal oor die wêreld afgeskaf word.

Die maatskappy wat bekend is vir die groot gasturbines wat hy bou, beleef tans ’n insinking in die sektor van sy bedryf.

Intussen is Siemens besig met nuwe voorbereidings om die toekoms tegemoet te gaan, maar wou nie besonderhede bekendmaak nie.

Tans is Siemens besig om ’n reuse kragsentrale op te rig in die woestyn van Egipte, wat binne enkele jare gereed sal wees om krag te voorsien aan ’n wye gebied.