Ysland gedwing tot koalisiegesprekke

Ysland het pas ’n tweede blitsverkiesing gehou gedurende die jaar, en met die jongste uitslae bekend, blyk dit dat die land vir ’n eerste keer ’n koalisieregering kry.

Die konserwatiewe Onafhanklikheid Party kon slegs 25% van die stemme trek, wat die leier en eerste minister gedwing het om met koalisiegesprekke te begin.

Die meer linkse Groenes het aansienlike steun bygekry nadat kiesers hulle ontevredenheid met die finansiële uitkoms te kenne gegee het.

Die Groenes, wat 17% van die stemme getrek het, is ook besig om koalisiegesprekke te reël met die Sosiaal Demokrate, die Progressiewe, en die Kunste Party.

Indien die Groenes se gesprekke slaag met al die kleiner partye, kan hulle regeer met 32 verteenwoordigers in die parlement van 63 setels.

Die president het die party wat die grootste steun gekry het, die regerende Onafhanklikheid Party, se leier wat ook die eerste minister is, gevra om ’n regering saam te stel.

Indien hy onsuksesvol is met sy onderhandelinge, kan die tweede grootste party gevra word om ’n regering saam te stel.

Ses politieke partye het setels verower waaruit ’n koalisieregering saamgestel kan word.

Die eerste minister het ses weke gelede ’n blitsverkiesing aangekondig nadat sy koalisievennoot uitgetree het uit die koalisieregering.