Wilders gaan op ’n Islam-safari

Mnr.  Filip Dewinter van Vlaams Belang het onderneem om die leier van die Vryheidsparty (PVV) van Nederland, mnr. Geert Wilders, op ’n toer te neem deur Brussel en Molenbeek.

Die besigtigingstoer word deur Dewinter beskryf as ’n Islam-safari om aan Wilders te toon wat die toestand is waar onwettige immigrante hulleself gevestig het met die toestemming van die owerhede.

Die safari is deur Geert Wilders aangevra omdat ’n soortgelyke situasie nog nie in Nederland ondervind is nie, en hy hom wil vergewis van die werklike toestand.

Die uitstappie sal glo op 3 November plaasvind, maar die linkse Vlaamse minister vir Brussel,  Sven Gatz, het dit beskryf as “walglike optrede”.

Die twee nasionalistiese leiers het hulle egter nie aan die opmerking gesteur nie en hulle nie verwerdig om daarop te reageer nie.

Ingeligte waarnemers sê die Molenbeek gebied lyk deesdae meer soos ’n deel van Marokko en nie as ’n gebied in Europa nie, en word ook die “hoofstad van die Jihadist” bestempel.

Politieke ontleders sê die opmerking van minister Gatz kom waarskynlik uit vrees vir watter invloed Wilders se besoek kan teweegbring onder kiesers in beide lande.

Foto – Geert Wilders