Wêreld Nuusflitse – 3 Oktober

Frankryk

’n Vermeende terroris van die Islamitiese Staat het twee voetgangers in die Franse stad Marseilles aangeval en met ’n mes doodgesteek, maar sekondes later het soldate op die perseel die moordenaar doodgeskiet.

VSA

’n Skieter het homself doodgeskiet  nadat hy in die Amerikaanse stad Las Vegas met ’n outomatiese geweer losgebrand het en minstens 50 mense gedood het, en meer as 400 is gewond toe sowat 20 000 mense ’n opelug musiekkonsert bygewoon het.

België

Die adjunkpremier van Vlaandere, Jan Jambon, het in onderhoud gesê Madrid moet tot orde geroep word weens die geweld wat toegepas is deur die Spaanse polisie op vreedsame kiesers in Katalonië.