Wêreld Nuusflitse – 23 Oktober

Somalië

Die motorbomontploffing in Somalië het sover die lewens van 258 mense geëis en honderde het ernstige beserings opgedoen, en duisende keer nou eers teug na hul woonplekke nadat hulle weggevlug het uit vrees vir meer ontploffings.

 

Irak

Koerdiese rebelle het hulle houvas op die streek se hoofstad, Kirkuk, verloor nadat die Irakse weermag stelselmatig inbeweeg het en die stad sonder slag of stoot herower het, en ’n Russiese maatskappy het beheer oorgeneem van die olievelde in die noordelike deel van die streek.

 

Wêreld besoedeling

Wetenskaplike studies wat uitgevoer is toon dat meer mense jaarliks sterf weens besoedeling as wat in oorloë, natuurrampe en hongersnood omkom.

 

Egipte

Militantes in Egipte het 35 polisiebeamptes gedood in ’n hewige konflik en tientalle beamptes is ernstig beseer, maar slegs enkele militantes het beserings opgedoen.