Wêreld Nuusflitse – 16 Oktober

Viëtnam

Stortreën wat etlike dae duur het reeds die lewens van 54 mense geneem en die moontlikheid van nog sterftes is nie uitgesluit nie, terwyl hospitale oorvol word van beseerdes weens die oorstromings.

 

Duitsland

Met die verkiesing agter die rug, het kanselier Merkel geen keuse nie as om die grensbeheer wat tydelik ingestel is, vir ’n verdere ses maande van krag te hou om haar koalisievennote tevrede te hou.

 

Meksiko

Bendes het begin met ’n nuwe rooftog deur brandstof voorsieners te besteel van petrol en diesel, wat die nywerhede reeds miljarde dollar kos wat nêrens  verhaal kan word nie.

 

Nigerië

In Nigerië is minstens 45 terroriste verbonde aan die gevaarlike en wreedaardige Boko Haram beweging ter dood veroordeel en klaarblyklik gefusilleer.