Wanneer word menings rassisme?

Die doodkissaak het verskeie menings uitgelok. Twee van die belangrikste menings was die van die DA en die land se adjunkpresident, Cyril Ramaphosa.

Die blanke vyandige politieke party, die DA, het gevra vir die swaarste moontlike straf. Diè party se anti-blanke gevoel borrel dikwels uit. Om maar enkele voorbeelde te noem: die party se leier het tydens die stadsraadsverkiesings in Soweto die onsinnigheid kwyt geraak dat apartheid die oorsaak van die huidige onderwyskrisis is en dit is algemene kennis dat uit die lug gegrypte aanvalle op apartheid steeds teen blankes gemik word.

Ramaphosa se kommentaar op die straf van die twee blankes wat ʼn eiendomsoortreder met ʼn doodkis wou skrikmaak is nog meer kommerwekkend. Hy het na die uiters oordrewe hofstraf gesê dat die blanke mans dit verdien om elf en veertien jaar tronkstraf te kry.

Daar kon nie vasgestel word of hy al voorheen ʼn mening gelug het oor swart rassisme op blankes nie, en dan kan daar met die wreedheid by plaasmoorde begin word.

Foto: Cyril Ramaphosa