Vuiste en stoele waai by ANC vergadering.

Die polisie moes ingryp toe ANC lede en afgevaardigdes mekaar ingevlieg het tydens die Oos-Kaap se verkiesings konferensie in Oos-Londen.

Verskeie  persone is beseer en moes behandeling ontvang.

Dit het gevolg weens faksieverskille tussen volgelinge van die uittredende uitvoerende komitee lede wat ondersteuners is van Andile Lungisa van die ANC jeugliga, en lede wat Oscar Mabuyane ondersteun.

Mabuyane is uiteindelik met ‘n oorweldigende meerderheid verkies, maar die ander kandidaat se ondersteuners, het die hof dringend genader en gevra dat die verkiesing ongeldig verklaar moet word. Die hof sal later vandag hieroor uitspraak lewer.

Foto: Oscar Mabuyane