VSA minister bedank na skandaal

Die Amerikaanse minister van volksgesondheid, Tom Price, het bedank nadat hy betrap is dat sy vliegtuigreise vir privaat doeleindes deur die staat betaal word.

President Donald Trump het sy bedanking aanvaar na Price in omstredenheid verval het en swaar geroskam is op die sosiale netwerk oor sy vergrype.

’n Woordvoerder van die Wit Huis het bevestig dat die minister herhaaldelik privaat vliegtuie gebruik het terwyl kommersiële vlugte beskikbaar was, en hy het ook van militêre vliegtuie gebruik gemaak vir buitelandse reise.

Die minister het blykbaar 26 keer van privaat vliegtuie gebruik gemaak vir werk geskeduleerde reise terwyl talle kommersiële vlugte beskikbaar was.

Na raming het die ongerymdheid die belastingbetalers sowat $400 000 gekos, wat aansienlik meer is as die gebruik van kommersiële vlugte waarmee ministers gewoonlik reis.

Die adjunkminister van gesondheid, Don Wright, is aangestel om tydelik op te tree as minister van volksgesondheid.

Foto – Tom Price