Vragmotors ploeg in boere

Terwyl boere landwyd vreedsaam en ordelik betoog het teen plaasterrorisme, het ‘n ongeluk by Middelburg in Oos-Transvaal ‘n wrang smaak gelaat.

Terwyl boere en ander lede van die gemeenskap besig was met hulle protesoptrede, het ‘n vragmotor skynbaar teen hoë snelheid van die boere en hulle voertuie getref. Twee ander vragmotors was ook daarby betrokke.

Twee boere is redelik ernstig beseer.

Twee vragmotorbestuurders is in hegtenis geneem.

Dit is op hierdie stadium nie seker of dit ‘n opsetlike daad teen die boere was of nie.