Vingerlek biltongslaai

Vars, koue biltongslaai vir ‘n ligte ete in die hitte. Maak hierdie slaai kort voor etenstyd en geniet saam met kraakvars broodrolletjies. Dit is veral heerlik vir Saterdagmiddag.

Bestanddele:

1 Middelslag peer geskil en in skywe gesny

1 Middelslag appel, geskil en in skywe gesny

1 lekker groterige avokadopeer geskil en in skywe gesny

1 groot pakkie vars aarbeie in kwarte gesny

Meng hierdie boonste  bestanddele saam en gooi suurlemoensap oor om verkleuring te voorkom.

Verskeidenheid van slaaiblare en roketblare gekerf

2 wiele fetakaas gekrummel

Soveel lekker dik gekerfde biltong as wat jy wil gebruik

Meng ‘n slaaisous van heuning, olyfolie, suurlemoensap en ‘n paar druppels balsamiese asyn en gooi oor die slaai en skep dit op die blaarslaai en gooi die fetakrummels oor.

Wenk: voeg die gekerfde biltong by die slaaisous en laat vir 10 minute daarin lê en lig dit dan uit en meng met die appels, pere, avokadopere en aarbeie.

Vingerlek lekker