Verkragter soek by NMU

‘n Verdagte het Maandag ‘n student verkrag en ‘n tweede met ‘n mes gesteek in ‘n laboratorium by die Nelson Mandela Universiteit in Port Elizabeth.

Studente kla oor die gebrek aan sekuriteit en sê dat hul nie veilig voel op die kampus nie.

Waarnemers wys daarop dat voor 1994 kampusse plekke was waar studente studeer het, vrylik kon rondbeweeg, selfs in die aande. Nou egter, in die “demokratiese reënboogland” van Nelson Mandela en FW de Klerk, word daar verkrag, aangerand en afgebrand en wat nog.

Dit kan onmoontlik nog voor die deur van apartheid gelê word, word gesê.