Venezuela verkiesing nie regverdig nie

Die opposisieparty in Venezuela het verwag om die verkiesing van Sondag te wen, maar die diktator van die land het al die belangrikste setels verower.

Die Sosialiste Party se oorwinning het ’n skokgolf deur die land gestuur, maar die Amerikaanse regering het die verkiesing as onregverdig bestempel.

Die streekverkiesings wat die afgelope naweek gehou is, word allerweë beskou as ’n  klug omdat die uitslag na bewering gekook is.

President Nicolas Maduro se ongewildheid het die afgelope twee jaar drasties toegeneem, en groot druk is op hom geplaas om ’n verkiesing uit te skryf, maar niemand het verwag dat die uitslag gemanipuleer sou word nie.

Heather Nauert, woordvoerder van die Amerikaanse regering het in ’n verklaring gesê die stem van die volk is nie gehoor nie.

Die sosialistiese Maduro het 17 van die 23 deelstate gewen en die Demokratiese Unie kon slegs 5 state inpalm.

Foto – Heather Nauert