Vals sertifikate, dokters en lisensies

Ses “mediese dokters” is in Johannesburg gearresteer in verband met mediese sertifikate wat uitgereik is aan voertuigbestuurders wat nie geskik is om ‘n voertuig te bestuur nie.

Twee ongelisensieerde radioloë is ook gevang.

Die Padverkeer Bestuurkorporasie bereken dat meer as 32 000 publieke bestuurspermitte uitgereik is onder verdagte omstandighede.

Van die persone wat gearresteer is, is Nigeriese burgers en mediese kenners meen dat Johannesburg en Pretoria se middestede wemel van ongekwalifiseerde Nigeriese dokters wat as aborsie “spesialiste” optree.