Twitter verwyder Russiese kaper rekenings

Twitter het minstens 201 rekeninge van gebruikers verwyder omdat hulle gekoppel word aan die Russe wat gedurende 2016 meer as 100 000 euro aan verkiesing reklame spandeer het op Facebook om die verkiesing in Amerika te beïnvloed.

Na bewering het dit aan die lig gekom dat ’n netwerk webblad 3 000 gekoopte advertensies van ’n Russiese agentskap geplaas gekry het om die Amerikaanse presidentsverkiesing te beïnvloed.

Met die advertensies het Twitter ook in die slag gebly en die skuldiges se rekeninge op Twitter is verwyder.

Deskundiges het gewaarsku dat regerings hul verkiesingsprosedures tegnologies beter sal moet aanpas om kapers en ander vreemde invloede te verhoed om in te meng.

Vroeër is berig dat die voormalige Russia Today (nou bekend as RT) ook betrokke was by inmenging van die Amerikaanse verkiesing in 2016.