Tsoenami veroorsaak reuse seedier verskuiwing

Wetenskaplikes het nou ontdek dat die tsoenami wat Japan in 2011 getref het, duisende seediere in enorme seestrome weggevoer na die weste kant van Amerika.

Die seestrome het meer as 300 verskillende soorte seediere meegesleur oor ’n afstand van bykans 8 000 kilometer regoor die Stille Oseaan.

Vroeër is berig ontvang dat die tsoenami duisende tonne goedere in Japan die see ingetrek het, wat maande later in die westelike kusgebied van Kanada uitgespoel het.

Baie goedere soos motors het met die tsoenami dadelik na die seebodem gesink, maar die ligter goedere is meegesleur in seestrome wat onbekend is vir die wetenskap.

Die wetenskaplikes beskou dit as die grootste verskuiwing van seediere wat ooit deur die mens opgeteken is, veral omdat dit oor so ’n reuse afstand plaasgevind het, en kan ’n besliste invloed hê op die seedier lewe.

Die ondersoek het getoon dat honderde soorte seediere wat voorheen nooit teenwoordig was in die westelike see gebied van Amerika nie, nou redelik algemeen waargeneem is.

Die ondersoekers sê alhoewel die instroming afgeneem het in die afgelope maande, word nog nuwe spesies ontdek wat nooit voorheen daar gesien is nie, en word daar steeds vervaardigde goedere wat van die Japanese landskap afkomstig is, op die weskus van Amerika gevind.