Tsjeggiese Republiek kry nuwe premier

Die Tsjeggiese Republiek het die afgelope naweek ’n algemene verkiesing gehad om ’n nuwe regering te kies.

Die miljardêr, Andrej Babis, het met sy beweging wat “Ja” gedoop is, die meeste stemme gekry.

Sy beweging het volgens peilings, ’n kans gehad om sowat 27% van die stemme te kry, maar selfs die grootste verwagtinge is oortref deur 31% van die stemme te trek.

Hy het te staan gekom teen ses ander kandidate wat hy oortuigend die loef afgesteek het.

Die nasionalistiese sakeman word bestempel as die Donald Trump van Europa, en het in sy verkiesingsveldtog ’n pleidooi gelewer vir groot hervormings in die Europese Unie,.

Die nasionalistiese Sosiaal Demokrate Party het met 11%, die tweede meeste stemme gekry en sal waarskynlik deel uitmaak van die koalisie wat gevorm sal word.

Konserwatiewe regeringsleiers in Europa het flink gereageer om die sakeman geluk te wens met sy oorwinning.

Foto – Andrej Babis