Trump wens Merkel geluk met oorwinning

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het eers ’n week na die Duitse federale verkiesing, in ’n telefoniese gesprek Bondskanselier Angela Merkel gelukgewens met haar oorwinning.

’n Verklaring wat deur die Wit Huis uitgereik is, word gemeld dat die Amerikaanse president kanselier Merkel gelukgewens het met haar prestasie om vir ’n vierde ampstermyn as Duitsland se Bondskanselier verkies is.

Dit is bekend dat die twee leiers nie juis langs dieselfde vuur sit nie, en is waarskynlik te wyte aan die kritiek wat president Trump uitgespreek het oor kanselier Merkel se “oop deur” immigrante beleid.

Trump het die gesprek met die Duitse kanselier laat wentel om die dekades van bondgenootskap tussen die twee moondhede om wêreldvrede te bevorder.

Merkel hou dit nog teen die Amerikaanse president omdat hy die Parys Akkoord oor Klimaatverandering skerp gekritiseer het en die VSA se betrokkenheid voorlopig weerhou het van enige projekte wat daarmee verband hou.