Trump stel geheime dokumente vry

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het die afgelope naweek in ’n memorandum bekendgemaak dat hy alle dokumente oor die moord op John F. Kennedy vrygestel het.

Op versoek van die Amerikaanse FBI en CIA sou ’n deel van die geheime dokumente oor die moord op 22 November 1963 nie openbaar gemaak word nie.

Sekere dokumente wat deur die FBI as te gevoelig bestempel is, sou nie vrygestel word nie nadat die CIA ook gevra het dat sekere gegewens liefs nie vrygestel word nie.

Die Amerikaanse kongres het in 1992 goedgekeur dat al die dokumente oor die moord op Kennedy ten laaste op 26 Oktober 2017 vrygestel sal word, maar slegs die president van Amerika mag besluit om sekere inligting oor die moord terug te hou indien dit wenslik geag sou word.

Dit is nie seker of dokumentasie vrygestel gaan word waarin die FBI gewaarsku is dat Kennedy vermoor gaan word nie.