Tientalle terroriste gedood in Jemen

Die Amerikaanse weermag se woordvoerder in Jemen het pas aangekondig dat tientalle Islamitiese Staat terroriste by ’n opleidingskamp gedood is tydens ’n lugaanval deur die VSA lugmag.

Amerika het hul aanvalle op die terroriste verskerp te midde van die voortslepende burgeroorlog wat die land se mense in chaotiese toestande gebring het.

Volgens die woordvoerder is minstens 50 vegters van die terreurgroep gedood in twee verwoestende lugaanvalle wat op die terroriste se opleidingskamp uitgevoer is gedurende die afgelope naweek.

Die twee terroriste kampe wat sowat 35 kilometer uitmekaar geleë is, was gebruik om vegters met AK-47 outomatiese gewere en vuurpyl aangedrewe granate toe te rus en op te lei.

Die terroriste word uitgeplaas met die doel om Amerikaanse weermagbasisse aan te val in die Midde-Ooste, en is reeds etlike jare gevestig in Jemen waar opleiding en vervoer verskaf word.

Die afgelope tyd het die VSA met die regering van Jemen saamgewerk om Al-Kaida en Islamitiese Staat terroriste te beveg, maar die talle verskillende faksies soos Shiite Houthi rebelle wat die hoofstad Saraa beheer, bemoeilik die stryd.

Intussen staar duisende mense die dood in die gesig nadat die eerste gevalle van cholera geregistreer is, en vrese bestaan dat meer as ’n miljoen mense kan sterf gedurende die volgende paar maande.