Tesourie gekaap?

Amptenare in die tesourie het die minister van finansies, Malusi Gigaba, daarvan beskuldig dat hy die tesourie gekaap het deur ‘n parallelle administrasie te bestuur.

Dit het hy gedoen deur sowat 20 vertrouelinge in sy kantoor aan te stel.

In hierdie openbare aanval op Gigaba word beweer dat hy ‘n besluit om ‘n forensiese ondersoek in Eskom kontrakte met Tegata vertraag.  Die bewering maak ook melding dat hy meer as 20 “nuwe” personeellede ingebring het om sy parallelle administrasie te bestuur. Hy ignoreer DG’s en senior bestuurslede ignoreer en raadpleeg hulle nie rondom belangrike besluite nie. Dokumente wat eers na Dondo Mokojane moet gaan, word eers na Saki Mofokeng, regsadviseur Kholeka Gcaleka en sy politieke adviseur, Msomi, gestuur vir hul insette.

Gigaba word verder beskuldig dat hy ‘n “skoonmaakproses” begin het met personeel wat verbintenisse met Pravin Gordhan kan hê.

Die reddingsboei aan SAL van R3 miljard is deur homself geneem sonder konsultasie met senior bestuurslede.

Foto: Malusi Gigaba