Terroriste vlug uit hulle hoofsentrum

Gedurende die afgelope naweek het die terroriste van die Islamitiese Staat (IS) op die vlug geslaan uit hul selfverklaarde hoofstad Raqqa in die noorde van Sirië.

Sowat 120 vegters van die IS terreurgroep het hulle uit die voete gemaak toe die koalisiemagte onder aanvoering van Amerikaanse weermag se offisiere die wêreld te warm gemaak het.

Die Siriese waarnemingspan vir menseregte het gesê die laaste terroriste het die afgelope naweek uit Raqqa gevlug vir hulle lewens, en die stad se beheer is weer volkome oorgeneem deur die inwoners.

Die Koerdiese militariste wat die belangrikste gevegte gevoer en oorwinnings behaal het teen die verarmde terroristebeweging het weereens bewys dat hulle bedrewe is in die stryd teen terroristebewegings.

Waarnemers sê die stad Raqqa is sodanig verniel deur die talle lugaanvalle wat uitgevoer is, dat dit jare sal neem om herstel te word.

Die Amerikaanse weermag sê egter daar sal in die komende weke nog hewige gevegte gevoer word teen die terroriste wat nog in die omgewing is en poog om beheer uit te oefen, maar sowat 90% van die stad is herwin en kan die heropbou begin.