Talle vas oor renosters

Ses en dertig verdagtes tussen die ouderdomme van 22 en 40 is die laaste tyd gearresteer op klagtes van handel in renosterhoring en renosterstroping.

Die verdagtes is in die Oos-Transvaal gevang vir moontlike misdrywe in die Kruger Nasionale Park en Hluhluwe wildreservaat.