Talle in Europa wil afskei soos Kataloniërs

Die Kataloniese streeksregering het alles moontlik gedoen om op ’n beskaafde, en vreedsame wyse hulle reg om te stem in die streek se referendum, terwyl polisie in opdrag van die Spaanse regering probeer het om die stemmery te stop.

Die optrede van kiesers in Katalonië is egter nie ’n unieke gebeurtenis nie, want twee dae voor die referendum plaasgevind het, het die Koerdiese volk in Irak ’n soortgelyke referendum gehou waar meer as 90% van die stemmers ten gunste van onafhanklike vryheid gestem het.

Die val van die Sowjet Unie is gekenmerk deur Joego-Slawië wat opgebreek is in verskeie onafhanklike state in die ooste van Europa, en in die res van Europa is daar steeds volke wat hul vryheid ontneem word, maar geeneen van die volke se oproep tot vryheid is sterker as die Kataloniese volk nie.

Kataloniërs openbaar ook ’n goeie gesindheid teenoor hulle vryheidliewende bure, die Baskiese volk, wat ook wil wegbreek, en vir jare weier om hulle sterk ekonomie met Madrid te deel, en betaal gevolglik geen belastings aan die Spaanse regering oor nie.

Anders as die Kataloniërs, is die Baske minder welvarend, en meer militant, maar het nogtans daarin geslaag om ’n eie ekonomie te vestig deur ’n ingewikkelde ko-operatiewe stelsel toe te pas.

Net soos die Kataloniërs, is die Baske in ’n gebied toegelaat deur die Spaanse diktator Franco, nadat honderde mense deur sy magte omgekom het.

In Skotland is ’n ernstige aandrang om weg te breek van die Verenigde Koninkryk en daarmee aansluiting te vind by die Europese Unie, en die nasionaliste van die land is ernstig dat ’n referendum gehou moet word om ontslae te raak van die 300 jaar van oorheersing deur die Britte.

Die Skotse Nasionale Party, wat tans die regeerders van Skotland se streeksregering is, werk om kiesers te oortuig om ten gunste van volksvryheid te stem.

Vlaandere, die welvarende deel van België, het ook ’n versugting om weg te breek, en die semi-nasionalistiese leier, Bart De Wever, vervul ’n belangrike rol wat uiteindelik kan lei tot afskeiding van België. Indien Vlaandere afskei, bly daar bitter min oor van die Belgiese staat, en bestaan die vermoede dat die deel, wat hoofsaaklik Franstalige gebied is, sal wil inskakel by Frankryk, wat beteken die staat België ontbind.

Kenners meen dat die oorblywende deel van België ook soos Luxemburg kan word, met Brussel as hoofsentrum.

In die noordelike deel van Italië is die “Lega Nord” politieke party in 1990 gestig wat hom beywer om die streek, wat die hartklop van die Italiaanse nywerhede is, onafhanklik te kry van die heersers in Rome.

Padamia is ’n besonder welvarende gebied, en die vryheidsideaal van die inwoners is besig om die politiek in die gebied te oorheers, alhoewel die meerderheid nog steeds glo dat groter outonomie binne die Italiaanse ryk nagestreef moet word.

Verder noord in Italië is die Tirol streek, wat uiters welvarend is en wat behoort het aan die Austro-Hongaarse bewind voor die Eerste Wêreldoorlog, maar is deur Mussolini geïntegreer, alhoewel dit slegs gedeeltelik geslaag het.

Met verloop van dekades het die bevolking meer outonomie geëis en het vandag ’n eie belastingstelsel en beheerstelsels, maar streef na algehele vryheid, los van Rome.

Die streek het volstrek geweier om ingetrek te word in die skuldlas van Italië wat naas Griekeland, die grootste skuldlas vir die Europese Unie is.

Korsika is ’n eiland wat vir dekades onder Franse beheer is, maar weens die eie taal van die mense aldaar, het die strewe na vryheid al sterker geword, en die Nasionale Vryheid Front van Korsika is vandag op die voorpunt om die streek na algehele vryheid te lei.