Spanje woedend oor Belgiese vermaning

epa04793287 Belgian Prime Minister Charles Michel departs after session ends on the second day of the European Union and of the Community of Latin American and Caribbean States (CELAC) summit in Brussels, Belgium, 11 June 2015. The EU-CELAC Summit brings together 61 European, Latin American and Caribbean leaders to strengthen relations between both regions. EPA/STEPHANIE LECOCQ

Die regering van eerste minister Mariano Rajoy in Spanje het woedend gereageer op die vermaning van die Belgiese eerste minister, Charles Michel, oor die hantering van die Kataloniese krisis.

Premier Michel het Spanje vermaan om die krisis met dialoog uit die weg te ruim, en nie met dreigemente nie.

Die Spaanse eerste minister Rajoy het woedend gereageer en ’n skerp aanval op Michel en België gedoen, en gesê die optrede is ’n “onaanvaarbare aanval” en trek daarmee hulle steun terug vir die kandidatuur van Catherine De Bolle as die hoof van Europol.

Spanje is woedend nadat premier Michel verlede Saterdag op ’n televisie onderhoud sou gesê het die Spaanse regering moet die dreigemente eenkant laat en eerder dialoog voer met Katalonië.

Rajoy sê hy vind die “aanval” op sy land onaanvaarbaar en beskou dit as ’n kantkiesery vir Katalonië wat die diplomatieke betrekkinge tussen die twee lande ernstig skaad.

Michel het gesê Spanje moet die senuwee-oorlog staak en eerder dialoog voer, maar waarnemers meen Spanje wil dit juis nie doen nie al het president Puigdemont van Katalonië dit verskeie kere versoek.

Politieke ontleders sê Spanje is besig om sy aansien te laat daal onder wêreldleiers met sy dreigende, bombastiese houding.

Foto – Premier Charles Michel