Skietery by kliniek

Die Manenberg kliniek in Kaapstad is getref deur koeëls nadat ‘n skietery losgebars het in die omgewing.

Vroeër die week is ‘n persoon gedood terwyl hy op pad was na die kliniek.

Bendegeweld is klaarblyklik die oorsaak van die skietery.