Skerp verhoging van brandstof in Desember Maand

Na die verhoging van brandstof op 1 November 2017 is verbruikers gewaarsku deur die AA dat daar in Desember ‘n groot verhoging van brandstof in die pyplyn is.

Die rand het sterk gedaal na Gigaba se wyd gekritiseerde mediumtermyn begroting en die effek sal eers later gevoel word met brandstof invoere, aldus die AA.

Intussen is daar ook ‘n geringe styging van die olieprys.

Verbruikers is dus weer die slagoffer van die regering se onbekwaamheid.