Skandaal hang oor Britse parlement

Die moontlikheid dat Brittanje se Konserwatiewe Party regering in ’n ernstige skandaal betrokke mag wees, sal binnekort deur ’n ondersoekspan nagegaan word.

Bewerings word gemaak dat sowat 35 parlementslede van die regerende party dames geteister het op verskillende maniere. Die beskuldigings gaan glo ondersoek word.

Onbevestigde berigte dui daarop dat dames verneder is op vele maniere, waarvan onwelvoeglike woordkeuses glo ’n algemene manier van teistering is.

Dit is nog nie bekendgemaak wie van die onbehoorlike optrede beskuldig word nie, maar die eerste minister, Theresa May, het gesê die beskuldigings sal deeglik ondersoek word.

Foto – Premier Theresa May