SAUK behoorlik bankrot

Die SAUK is selfs meer bankrot as wat aanvanklik gedink is.

In die 2016/17 boekjaar was die SAUK se verlies R977 miljoen, maar dit blyk nou ‘n skewe beeld te wees omdat niemand werklik weet wat die openbare uitsaaier se skuld is nie.

Die ouditeur-generaal skryf dit toe aan gebrekkige beheermaatreëls en disfunksionele bestuurders. Hy het aan die parlement se portefeuljekomitee oor Kommunikasie gesê die SAUK is bankrot en dit is te wyte aan onbevoegdheid.

Intussen het Jacob Zuma steeds nie ‘n permanente raad vir die SAUK aangewys nie.