Sagtewarereus erken Gupta “betalings”

Die sagteware reus SAP is tans besig om met Amerikaanse wetstoepassers saam te werk oor hul “wanbestuur van transaksies” met Gupta beheerde entiteite.

SAP het ook aangekondig dat hul besig is met dissiplinêre optrede teen drie amptenare in die firma en het erken dat meer as R100 miljoen se betalings gedoen is om transaksies te bekom.

Dit is veral Transnet en Eskom wat betrokke is by die konkelary. Daar word vertrou dat die amptenare in Eskom en Transnet ook blootgelê sal word.