Rusland vervang talle streek goewerneurs

Talle stroke in Rusland se goewerneurs is afgedank wat beskou word as ’n voorsorgmaatreël vir die komende presidentsverkiesing in 2018.

Die Kremlin het 11 goewerneurs oor die afgelope twee weke vervang, maar voor dit het 16 streke gestem vir nuwe goewerneurs.

Die Vryburger het vertroulik verneem dat meningsvormers in Rusland oortuig is daarvan dat president Vladimir Poetin nou reeds die grondwerk doen om weer verkies te word as Russiese president in Maart 2018.

Die mening word ook toegelig met feite soos waarom die opposisieparty se jong presidentskandidaat aangekla en in die tronk gestop is.

Die Russiese grondwet en kieswet verbied enige persoon om as presidentskandidaat te staan indien so ’n persoon ’n kriminele rekord het of aangekla en skuldig bevind is.

Die nuwe goewerneurs is almal uit ’n jonger geslag, en is in plek geplaas om ’n nuwe magsblok te vestig wat lojaal sal bly teenoor die huidige president.

Foto – Russiese Kremlin