PWV psigiatriese dienste in chaos

Meer as 100 psigiatriese pasiënte in staatshospitale kan nie ontslaan word nie weens die feit dat daar geen fasiliteite is waarheen hul geplaas kan word nie.

Nasorgsentrums word gebruik om pasiënte te huisves indien familie of die pasiënt self nie in staat is om versorg te word nie.  Dit veroorsaak ‘n bottelnek aangesien pasiënte op ‘n waglys nie opgeneem kan word nie weens ‘n tekort aan beddens.

Intussen het psigiaters ‘n beroep gedoen op die staat om staatsielkundige hospitale se toestande aan te spreek aangesien toestande aldaar haglik is.