Opod mors R21 miljoen

Die sogenaamde “onafhanklike” polisie ondersoek direktoraat, Opod, waarvan die veroordeelde bomplanter, Robert McBride die hoof is, het die afgelope jaar sowat R21 miljoen vermors.

Dit blyk uit die instelling se jaarverslag.

Vroeër vanjaar het Opod R5 miljoen by die parlement gebedel om sekere take af te handel, wat in elk geval nog nie gebeur het nie, soos die ondersoek na die Marikana-slagting.