Openbare Beskermer se prokureurs onttrek

Die Openbare Beskermer (OB) se regsspan het hul onttrek aan die saak waar Absa aangevat word oor die sg. apartheidsera reddingsboei.

Selfs Malusi Gigaba, die minister van finansies het die OB, Busisiwe Mkhwebane, gekritiseer oor die wyse waarop sy die ondersoek gelei het.

‘n Hersiening van die saak sal op 3 Desember geskied en ‘n nuwe regspan sal nou gevind moet word om gate toe te stop in wat blyk te wees ‘n onprofessionele en swak ondersoek deur die OB.

Foto: Busisiwe Mkhwebane