Op die volksakker – Onthou die waarheid

Om ons kinders die ware verloop van Suid-Afrika se onlangse geskiedenis te leer, raak gebiedend noodsaaklik.

Kort na die hooggeregshof in ʼn duidelik polities gemotiveerde uitspraak die geweldenaar Timol se dood as “moord” bevind het, vra koerantredakteurs of dit geleentheid bied om die “waarheid” oor Steven Biko te “bevind”.

Kortliks enkele feite:  Kort na die 1917-rewolusie is aktief begin om kommunisme, veral deur die vakbondwese enersyds, en plaaslike kommunistiese partye andersyds, wêreldwyd te propageer en heimlik in te voer.

Strukture is geskep vir die gewelddadige oorname van lande: in die doktrines van die kommunisme moet magsoorname met geweld gepaardgaan, sodat die oorwonne “klas” na behore onderdruk kan word.

Ter plaatse is die SAKP geloods, en het hulle in die 1940’s en 1950’s die ANC oorgeneem, en met die stigting van MK is die geweldspad in alle erns betree.

Reeds in 1951/52 blaas Nelson Mandela en sy meelopers geweld aan teen die owerheid (dit misluk in Sophiatown, omdat in Mandela se eie woorde die verskuiwing van mense voordelig was – ons regering het die swart mense van beter behuising voorsien as wat hulle gehad het!).

Later sou Thabo Mbeki en ander die argitekte word van geweld teen ons vrouens en kinders – sogenaamde “sagte teikens”.

Die SAKP en ANC was dus gewelddadige organisasies en is dáárom onwettig verklaar – geensins omdat die regering van die dag Vryheid wou onderdruk nie!

En Timol was ʼn aktiewe lid van hierdie geweldenaars-bewegings. En as onderwyser kan ons aanvaar dat hy instrumenteel was in die breinspoeling van kinders teen die wettige owerheid van die land.  Was hy iemand wat eerder sou skuil agter kinders om sy geweldsoogmerke te bereik.

Wat betref Steve Biko:  Dit is belangrik dat ons mense duidelik sal kennis neem van die Swart Bewussynsbeweging se ware agenda – ofskoon dit plaaslik ʼn sweem van Christelikheid probeer voorhou deur bande met mense soos Martin Luther King jnr en die Anglikaanse kerk, was daardie organisasie in wese afgestem op die vestiging van swart oorheersing.

Dit het in verskeie dele van die wêreld in die 1960’s en 1970’s ontstaan (dit sal lesers loon om te lees hoeveel geweld ook in die VSA onder die vaandel van hierdie beweging gepleeg was).

Die verklaarde beskouing was dat swart teenoor blank gestel moet word – in wese is rassisme en rasse hoogmoed tot nuwe hoogtes gevoer.

Biko self het bloot die weg van geen geweld gepropageer as rookskerm om verbanning te vermy, terwyl bande met verskeie geweldsorganisasies behou en uitgebou was.

Biko se beweging was die primêre voerbron van MK, APLA en AZAPO

Die opstande deur skoliere in 1976 kan direk toegeskryf word aan die werksaamhede van die Swart Bewussynsbeweging (die ANC het bloot hierdie opstand baie suksesvol uitgebuit).

Uiteindelik was bande tussen sogenaamd “vreedsame” bewegings en geweldenaars onvermydelik.  Bande met die berugte Black Panther’s (internasionaal) is maar een voorbeeld.

Anargie en verwerping van gesag, met vals regverdigings geskoei op sogenaamde “menseregte” het uitgemond in bandelose geweld regoor SA.

Baie van ons het dit deurleef en kan dus eerstehands hiervan getuig.

Vandag sien ons steeds wêreldwyd hoe sekere (hoofsaaklik nie-blanke) groepe geweld pleeg waar hul ook al woon – in die VSA, in Europa en in Afrika!

Uiteindelik is die feite dat die SAKP, ANC en verskeie frontorganisasie wat gewissel het van die UDF tot vakbondfederasie COSATU, én die kerke verteenwoordig deur mense soos Tutu, Boesak en Beyers Naudé verantwoordelik was vir tienduisende se dood.

Geweld in die naam van hierdie groeperinge se “beginsels” woed vandag steeds voort.

Hierdie slagting was korrek voorsien deur die veiligheidstrukture van die RSA, en daar was regmatig en voorkomend opgetree teen die aanstigters van daardie geweld.  Teen mense soos Nelson Mandela, Steve Biko, en Ahmed Timol, om enkele bekende (berugte) name te noem en diegene wat in hul nalatenskap lewe.

Daardie voorkomende optrede ter beveiliging van die publiek was ook dieselfde as die voorkomende optredes van owerhede wêreldwyd.

Waarom word net die Afrikaner daarvoor verkwalik?