Oostenrykse koalisiegesprekke duur voort

Die twee konserwatiewe en nasionalistiese partye in Oostenryk het Vrydag hul eerste rondte samesprekings gehad met die vooruitsigte om Maandag ’n tweede rondte te hervat.

Die konserwatiewe Volksparty van die nuwe kanselier, Sebastian Kurz, en die leiers van die nasionalistiese Vryheidsparty het reeds aangedui dat hulle mekaar sal vind in ’n ooreenkoms as vennote.

Die eerste rondte samesprekings onder leiding van die Volksparty se Sebastian Kurz en die Vryheidsparty se Christian Strache het in ’n gemoedelike stemming begin wat daarop dui dat geen ernstige struikelblokke in die onderhandelings ondervind word nie.

Die 31-jarige Sebastian Kurz sal die jongste kanselier wees wat Oostenryk ooit opgelewer het, en is ook die jongste regeringsleier van Europa.

Na verwagting sal Kurz na afloop van die onderhandelinge ook sy kabinet aankondig wat uit senior lede van die twee partye sal bestaan.

Foto – Sebastian Kurz en Christian Strache